Dienste
My doel is om ten alle tye 'n professionele en etiese diens aan my kliente te lewer tot die beste van my vermoë.
Terapie:
Terapie met volwassenes, adolossente en kinders (ouer as 7 jaar).
Ek werk vanuit 'n geïntegreerde benadering. Elke persoon en sy of haar probleem is uniek en daarom glo ek dit moet op 'n unieke wyse aangespreek word. Die welstand van my kliënt is vir my van uiterste belang en ek glo dat die reis saam met 'n terapeut kan lei tot genesing en die oorkoming van struikelblokke.
Voorbeelde van probleme waarmee kliënte aanmeld is:
- Familie en verhoudingsprobleme
- Verliese
- Gemoedsversteurings
- Angs
Ek het 'n spesiale liefde vir werk met kinders. Die uitdagings wat kinders ondervind sluit in:
- Aanpassingsprobleme
- Emosioneleprobleme
- Skolastieseprobleme
- Gedragsprobleme
- Verliese en traumatiese ondervindings
In my opinie werk 'n spanbenadering met kinders mees effektief en daarom betrek ek graag ouers, onderwysers en ander professionele persone by die proses wanneer dit nodig is.
Assessering:
Assesserings met kinders om die volgende areas van funksionering te evalueer:
- Sosiale- en emosionele funksionering
- Skolastiese funksionering (asook skoolgereedheid, aandagafleibaarheid en hiperaktiwiteit)
- Intellektuele funksionering.
Die doel van assessering is om kinders se potensiaal te bepaal sowel as om hulle sterkpunte en swakpunte te identifiseer wat ouers en onderwysers kan help om die kind te verstaan en te ondersteun om sy of haar potensiaal te bereik.
Ek is opgelei en geregistreer as disleksie spesialis by die
Stark Griffin Disleksie Akademie om die Stark Griffin Disleksie Assessering af te neem en disleksie te diagnoseer.
Tariewe:
Ek is ingekontrakteer by die meeste mediesefondse insluitende Discovery Health, GEMS, Bankmed, Medihelp, Bonitas, Momentum health, Bestmed ens. Mediese fonds tariewe word gehef.
Ek eis namens u vanaf u mediese fonds. Die gemiddelde 2024 tarief vir 'n 50 min konsultasie is R 1000. Kontanttariewe is ook beskikbaar.
Kantoor Ure:
My kantoorure is vanaf 8h00 tot 14h00